Graad 5,6,7 Voegwoorde Opsomming Woorde
Voegwoorde verbind sinne of dele van sinne – maar elke voegwoord het sy eie reël vir woordorde. Hierdie voegwoorde-pakket vir Graad 5, 6 en 7 verduidelik dit eenvoudig met groepe en voorbeelde.
Wat is ingesluit?
- Opsomming: wat ’n voegwoord is, met voorbeelde
- Groep 1 (maar, en, of, want, dog): geen verandering in woordorde
- Groep 2 (dus, dan, daarna, daarom …): werkwoord skuif ná die voegwoord
- Groep 3 (dat, nadat, omdat, sodat, terwyl …): werkwoord skuif na die einde
- Kommareëls: wanneer kom daar ’n komma voor ’n voegwoord?
- Toets: komma of geen komma?
- Memo met antwoorde
Vir wie is dit?
Vir Graad 5- tot 7-leerders. Oefen dit verder met enkelvoudige en saamgestelde sinne (Graad 6, 7) of die Graad 4, 5-weergawe.
Formaat: PDF-aflaai, 6 bladsye. Jy kry die aflaaiskakel dadelik ná betaling; druk net uit en begin.
Slegs ingetekende kliënte wat hierdie produk gekoop het, kan ’n resensie skryf.







Resensies
Daar is nog geen resensies nie.