Afrikaans in Graad 5: formele tekste en fyner taalwerk

by Afrikaans is Maklik | 22 August 2026 | Graad 5

Graad 5 bou op die tekssoorte van Graad 4 en voeg die formele of sakegerigte tekste by: die notule, die agenda, die kennisgewing en die vergadering. Terselfdertyd word die taalwerk fyner, met die lydende vorm en die indirekte rede wat vir die eerste keer verskyn.

Wat Graad 5 in Afrikaans dek

  • Formele tekste. Notule, agenda, kennisgewing en vergadering, elk met opsomming en voorbeeld.
  • Skryfwerk. Opstel en paragrafering, die verslag, die opsomming, die uitnodiging en die advertensie.
  • Sinsomskakeling. Lydende en bedrywende vorm, en direkte teenoor indirekte rede.
  • Woordsoorte. Selfstandige naamwoorde, werkwoorde, voornaamwoorde, voegwoorde en bywoorde van wyse, tyd, plek en graad.
  • Woordeskat. Idiome (16 blaaie), sinonieme, antonieme, homonieme en homofone, versamelname en afkortings.
  • Taalstrukture. Intensiewe vorm, trappe van vergelyking, meervoude, verkleining, lettergrepe en die verlede, toekomende en negatiewe tyd.
  • Letterkunde. Die gedig, die drama, die fabel, die legende en die volksverhaal.
  • Begripslees. Langer tekste met taalvrae wat aan die leesstuk gekoppel is.

Waar leerders gewoonlik vashaak

Die lydende vorm is die groot een. Om Die hond byt die seun na Die seun word deur die hond gebyt om te skakel, verg dat die kind eers die onderwerp en die voorwerp korrek uitken. Wanneer die tyd ook nog moet verander, val die meeste kinders uit. Dit is 'n meganiese proses en dit word beter met patroonoefening, nie met verduideliking nie.

Die tweede is die notule en die agenda. Hierdie is vir 'n elfjarige heeltemal vreemde tekste, want hy het nog nooit 'n vergadering bygewoon nie. Sonder 'n konkrete voorbeeld om na te boots, raai hy die formaat.

Die derde is die opsomming. Kinders skryf die teks oor in plaas daarvan om dit saam te vat, of hulle sny lukraak sinne uit. Die woordtelling en die eie woorde is albei deel van die punt.

Ons Graad 5 hulpbronne

  • Formele tekste. Notule, agenda, kennisgewing en vergadering, afsonderlik en as gekombineerde stel, elk met opsomming en voorbeeld.
  • Skryfwerk. Opstel en paragrafering, die verslag, alles oor opsommings met voorbeeld, toets, memo en rubriek, die uitnodiging en die advertensie.
  • Sinsomskakeling. Lydende en bedrywende vorm met opsomming, en direkte teenoor indirekte rede.
  • Woordsoorte. Selfstandige naamwoorde, werkwoorde, voornaamwoorde, voegwoorde en die bywoorde van wyse, tyd, plek en graad.
  • Woordeskat. Idiomelys met betekenisse, sinonieme en antonieme met toetse, homonieme en homofone (9 blaaie), versamelname (10 blaaie) en afkortings.
  • Letterkunde. Die gedig Springmielies, die drama Grease met vrae en memo, die fabel, die legende Robin Hood, en die volksverhaal.
  • Begripslees. Verskeie stelle met taalvrae en memo, waaronder Karel Kameelperd en Bennie se Markdag.
  • Oefen eksamens. Taal en woordeskat oefen eksamens met toetse en memo.

Daar is ook 'n Graad 5 Kompleet pakket met die hele jaar se werk.

Waar om te begin

Begin by die lydende vorm en die indirekte rede, want dit is die twee onderwerpe wat die meeste punte kos en die minste vanself kom. Werk daarna deur die formele tekste met die voorbeeld langs die kind, sodat hy die formaat naboots voordat hy dit uit sy kop moet doen.

Sien al ons Graad 5 hulpbronne

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0